Die veldwagters vertel – Jan Roderigues

12.00

1 op voorraad

Artikelnummer: 0620159596-K-01-C-06-34 Categorieën: , ,

Beschrijving

ISBN/EAN: 0620159596
Auteur(s): Jan Roderigues
Genre: Avontuur en Actie, kind en jeugd
Uitgave: paperback, Zuid-Afrikaans
Aantal bladzijden: 209
Uitgever: J.A. Roderigues
2e Druk, Jaartal: 1992
Afmetingen: 207 x 147 x 17 mm
Gewicht: 312 g + 130 g (verpakking) = 442 g
Loc: K-01-C-06-34

Die veldwagters vertel – Jan Roderigues

Beschrijving:
Veldwagter! Watter romantiese en avontuurvolle visioene tower die naam nie voor die gees nie! Romantiek? Ja! En avontuur? Gewis ook ja. maar daar is ‘n ander sy van die munstuk ook. Dit is die sweet-des-aanskyns-kant van de veldwagter wees, waarvan die gewone man maar bloedweinig weet of erg aan het. Dit is die kant wat vertel van afsondering en eensaamheid wat onlosmaaklik is van die beroep. Dit is die kant van verlange van jong ouerpare na klein kindertjies wat reeds van graad-een-dae af moet kosskool toe, en moontlik slegs een maal per kwartaal die liefde en warmte van ‘n eie ouerhuis kan smaak. Dit is die kant van swaarkrydae om ‘n begroting te laat klop met ‘n dikwels ontoereikende salaris. Dan is daar ook die bloedige dae en bitter koue nagte op die spoor van wildstropers; die rugbreek-vuurslaandae en nagte wanner veldvure dreig om alles te verteer; die hartseerdae wanneer kosbare diere swig voor die aanslae van droogtes of epidemies soos miltsiekte. Dae waarin verspoelde paaie en driwwe herstel, omheinings opgerig, windpomppype opgetrek of stukkende wielvinne herstel moet word. En van besoekers se rommel wat opgeruim moet word. Dit is alles vind saam met die romantiek en avontuur neerslag in die onblusbare en diepgewortelde liefde van hierdie manne en hul lojale en voorslag-gades vir die dinge wat vir hulle bo alles in die lewe saakmaak hul eerbied vir hul Skepper en die werke van Sy hande soos wat dit in die natuurlewe van ons dierbare land uitdrukking vind. Dit is die roeping en lewensweg van ‘n veldwagter in ons land se eerste orde bewaringsgebiede naamlik ons nasionale parke. In hierdie werk het die skrywer, op besonder boeiende en onderhoudende wyse, ‘n aantal grepe uit die lotgevalle van ‘n uitgelese groep veldwagters in die Krugerwildtuin en die Kalahari-gemsbok Nasionale Park (almal manne met meer as tien jaar diens) saamgevat, en bied hy die leser ‘n kykie agter die skerms na die werklike pligstaat van hierdie mooi en edel beroep. Ek het gedurende my eie dienstermyn van meer as dertig jaar in die Krugerwildtuin, elkeen van hierdie manne as vriende en kollegas leerken en respekteer vir dit wat hulle is en wat hulle probeer vermag vir die huidige en toekomstige geslagte. ‘n Missie en taak waarvoor hulle nie altyd die erkenning kry wat hulle so ryklik verdien nie. Hier het ons ‘n korps manne uit een stuk met dieselfde doelwit en ideale maar wat tog uiteenlopend is in hul strewe na suskes manne soos Ampie Espag, Johan Kloppers, Dirk Swart, Mike English en Elias le Riche, wat legendes in hul tyd geword het. En dan die jongeres wat met soveel onderskeiding (somigge selfs deur die ‘dal van doodskaduwee’) volg in die voetspore van hul ouer leermeesters en van beroemde voorgangers soos Harry en Henry Wolhuter, Cecil de la Porte, Bert Tomlinson, Harry Kirkman, Joep en Stoffel le Riche en Don Lowe. In hierdie bundel verhale maak die leser, deur die vaardige pen van Jan Roderigues, intiem kennis met hierdie manne, hul families, hul puik en getroue swart en bruin kollegas e hul troeteldiere en deel hy in ‘n magdom interessante ondervindings, feite oor die besonder ryk planten en dierlewe van die Laeveld en die Dorsland van die Kalahari. Hy word met bewondering vervul deur verhale van leeuemoed en doodsveragting, wanneer ‘n kollega gered moet word uit die kake van ‘n monster-krokodil, van die moordwapens van ‘n wildstroper of die woede van ‘n aanstormende leeu, buffelbul, seekoe of olifant. En als hy die boek neersit, sal die leser saam met my hulde bring aan hierdie bende en ‘n dankgebed na Bo stuur: ‘Dankie Vader dat ek hierdie manne kon ken en dat ons kosbare natuurerfenis in hul hande veilig is! ‘Labor omnia vincit!

Schutblad beschreven!

Extra informatie

Gewicht 442 g
Afmetingen 207 × 147 × 17 mm
Staat

Gelezen